Catalogue Search | MBRL
Search Results Heading
Explore the vast range of titles available.
MBRLSearchResults
-
DisciplineDiscipline
-
Is Peer ReviewedIs Peer Reviewed
-
Item TypeItem Type
-
SubjectSubject
-
YearFrom:-To:
-
More FiltersMore FiltersSourceLanguage
Done
Filters
Reset
4
result(s) for
"Monja Basson"
Sort by:
Die aandete, Herman Koch : resensie
2015
Herman Koch se onlangse roman, Die aandete, verskyn oorspronklik in Nederlands as Het diner in 2009. Die gewildheid van die roman (en van die skrywer) in die Nederlandse letterkunde blyk uit die toneelstuk van 2012 wat op die roman gebaseer is en die verfilming van die verhaal in 2013. Alhoewel Koch al sedert 1985 as skrywer werksaam is, is Die aandete sy internasionale deurbraak en dit is in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo. Die roman vind nie net aanklank by 'n Nederlandse en Afrikaanse leserskring nie - dit het reeds in 13 tale verskyn. Wanneer 'n mens die roman lees, is hierdie gewildheid nie verbasend nie. Die kwessies van familie-eenheid, geweld en oorerflikheid wat ondersoek word, transendeer die Nederlandse gemeenskap waarbinne die verhaal afspeel.
Journal Article
Duister poësie: 'n Vergelyking tussen die hermetiese poësie van Gilbert Gibson en Jan Lauwereyns
2018
Die poësie van die Afrikaanse digter Gilbert Gibson en die Nederlandstalige digter Jan Lauwereyns word deur sekere kritici as “hermeties' bestempel. Hierdie studie ondersoek geselekteerde gedigte uit die bundels oogensiklopedie (Gibson) en Hemelsblauw(Lauwereyns) ten opsigte van die hermetiese kenmerke van hierdie gedigte. Naas die ontleding van die individuele gedigte word daar ook vergelykend te werk gegaan om te bepaal hoe die Afrikaans- en Nederlandstalige hermetiese gedigte ooreenstem en verskil.Die studie verskaf 'n algemene oorsig oor die oeuvres van Gibson en Lauwereyns in hoofstuk 1 voordat die oorsprong en geskiedenis van hermetiese poësie kortliks in hoofstuk 2 omskryf word. In moderne hermetiese poësie word die digter se tegniese vernuf hoog op prys gestel en aspekte soos klankspel, sintaksis, beeldspraak en bundelsamestelling bewerkstellig die hermetiese aard van die gedigte. Hierdie aspekte word uitvoerig in hoofstuk 2 bespreek, veral aan die hand van die Paul Claes (2013) se identifisering van hermetiese kenmerke. Hoewel hermetiese poësie dikwels as moeilik, duister en ontoeganklik beskryf word, is dit nie onverstaanbaar nie. Hierdie studie demonstreer laasgenoemde stelling deurdat interpretasies van die gedigte in hoofstuk 3 gewaag word, hoewel dié interpretasies uiteraard nie finaal en sluitend kan wees nie. In hoofstuk 4 word die hermetiese poësie van die twee digters vergelyk voordat slotopmerkings in hoofstuk 5 gemaak word.
Dissertation